Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS Sondag 12 Mei 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

OKOSA BEANTWOORD VRAE RONDOM BETALINGS EN LISENSIES

UITNODIGING VIR NOMINASIES VIR DIE MTN- RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNINGS

NUWE SAATI-TOEKENNING

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

OKOSA BEANTWOORD VRAE RONDOM BETALINGS EN LISENSIES

Na aanleiding van versoeke vanaf lede het die SARL OKOSA vir verduideliking van lisensiebetalings en die uitreiking van
Lisensiedokumente gevra. In antwoord het OKOSA gesę dat meerjarige lisensies nie outomaties na betaling van die voorgeskrewe gelde uitgereik word nie. ‘n Hernuwingsaansoek ten opsigte van sulke lisensies moet eers voorgelę word en die Kommunikasie-owerheid het begin om hierdie proses vanaf die 2013/14 lisensiejaar te gebruik. ‘n Lisensiehouer wat die lisensiegelde ten opsigte van meerjarige lisensies gedurende die voorafgaande lisensiejaar betaal het, moet steeds die aansoekvorm voltooi voordat die lisensietermyn aangepas kan word. ‘n Lisensiehouer wat nie die ingevulde aansoekvorm voorlę nie word met die reeds betaalde bedrag gekrediteer teen gewone jaarlikse lisensiegelde terwyl ‘n nuwe faktuur uitgereik sal word nadat die geld na die vierde jaar gebruik is.

“‘n Lisensiehouer mag versoek dat ‘n lisensie vir ‘n tydperk van een tot vyf jaar uitgereik word. Die aansoekvorms wat deur die kommunikasie-owerheid ten opsigte van hierdie Lisensiejaar versprei en deur die hom vir hierdie jaar gebruik word, het nie voorsiening gemaak vir die verlangde tydperk nie. Dit was derhalwe die verantwoordelikheid van die lisensiehouer om die aantal jare waarvoor die lisensie uitgereik moet word, aan te dui. Die meerderheid van radioamateurs het slegs die aansoekvorm ingevul met die aanduiding van voorneme om die lisensie te hernu. Die kommunikasie-owerheid het derhalwe slegs jaarlikse lisensies aan lisensiehouers uitgereik wat NIE die aantal jare vir die geldigheid van die lisensie aangedui het NIE. Diegene kan egter steeds hulle wens vir die aantal jare waaroor die lisensie moet strek aandui, waarna ‘n nuwe en paslik gewysigde lisensie uitgereik sal word.
Die kommunikasie-owerheid die afgelope lisensiehernuwingsjaar probleme ondervind met die verkryging van die regte papier vir die lisensies wat gelei het tot ‘n vertraging in die uitreiking van lisensies. Alle lisensies is intussen uitgereik en gepos en lisensiehouers sal hul lisensies binnelort ontvang.

Indien u nognie vorm B ingedien het nie, doen dit so spoedig moontlik – dit is op die SARL-tuisblad beskikbaar.

LAASTE KANS OM VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM TE BESPREEK.

Moenie die 2013 SA AMSAT se RUIMTESIMPOSIUM misloop nie. Dit vind op Saterdag 18 Mei 2013 in die Innovation Centre in Pretoria plaas. Besprekings sal nog tot en met Donderdag hierdie week aanvaar word. Nadere besonderhede is by www.amsatsa.org.za beskikbaar. Besprekings kan aanlyn gemaak word en betalings kan by die deur gedoen word.

Die program maak vir alle belangstellings voorsiening. Kom dra by tot die sukses van hierdie jaar se byeenkoms. Die byeenkoms in Durban is deur 80 persone bygewoon maar ons skiet nog vęr te kort vir die byeenkoms in Pretoria. BESPREEK NOU!

ANTENNAVERDEDIGINGSFONDS NOU R61 750

Die antennaverdedigingsfonds staan nou op R61 750 te danke aan 'n donasie deur die Hibiscus Coast Amateurradioklub, ZS5HAC. Tydens die SARL se AJV het die SARL se regsadviseur, Johann Marais, ZS1JM, gerapporteer oor die werk wat tot datum gedoen is. Volle besonderhede aangaande die fonds, wie bygedra het, hoe om die inisiatief te ondersteun en die besprekings by die AJV, is beskikbaar by www.amateurradio.org.za/ADF.htm.

UITNODIGING VIR NOMINASIES VIR DIE MTN- RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNINGS

Die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust wag nominasies in vir die 2013 MTN Radioamateur van die Jaar Toekennings. Daar is drie kategorieë van toekennings, naamlik, die Garth Milne Tegniese Innovasietoekenning, MTN Radioamateur van die jaar, en die MTN Amateurradio Gemeenskapsdienstoekenning.

Die Garth Milne Tegniese Innovasietoekenning is vir die ondersteuning, ontwikkeling en aanwending van tegnologiese innovasie in amateurradio in SA. Die ontvanger is ‘n persoon wat die gebruik van tegnologie in amateurradio op klubvlak landswyd in skole of tersięre opvoedkundige instellings bevorder het.

Die MTN Radio-amateur-van-die-jaar toekenning is vir die ondersteuning en ontwikkeling van die amateurradiodiens in SA, nie vir persoonlike gewin soos byv. DXCC en ander operasionele of kompetisies nie. Die ontvanger is ‘n persoon wat sy deskundige vakmanskap en tyd spandeer aan die bevordering van amateurradio in Suid-Afrika.

Die MTN Amateurradio Gemeenskapsdienstoekenning erken ‘n radioamateur of ‘n amateurradiogroep vir dienslewering aan die gemeenskap in die vorm van hulp aan 'n gestremde radioamateur, kommunikasiebystand gedurende 'n sportbyeenkoms of rampe, oorstromings, veldbrande of 'n aardbewing. Nominasies kan wees vir 'n individu of 'n groep soos 'n klub of 'n vereniging.

Elke toekenning bestaan uit R2 000 PLUS ‘n 2013 ARRL-Handboek. Nominasievorms en volledige besonderhede is by www.amateurradio.org.za. beskikbaar. Die sluitingsdatum vir benoemings is 10 Junie 2013, terwyl die toekennings op 26 Junie 2013 tydens ‘n onthaal by die MIDRAND PROTEA HOTEL plaasvind.

NUWE SAATI-TOEKENNING

Een van die funksies van ‘n nasionale liggaam vir amateurradio is om die uitsonderlike bekwaamheid en prestasies op ‘n nasionale vlak te erken. Die Suid Afrikaanse Radioliga (SARL) het hierdie gedragslyn reeds vir die afgelope hoevele jare nagevolg, ook met die voorsiening van ‘n verskeidenheid van toekennings ten opsigte van beide diens en operatiewe prestasies.

Die Suid Afrikaanse Amateur Telekommunikasie-instituut (SAATI) het die SARL getaak om 'n jaarlikse toekenning namens SAATI te doen. Te danke aan onlangse substansiële donasies deur SAATI, is die SARL in 'n posisie om uitstaande ontwikkelingswerk deur radioamateurs in die digitale veld te erken. Dit sal gedoen word deur middel van die SAATITOEKENNING 'n bedrag van R4 000 vir die ontwikkeling in die digitale gebied van 1. apparatuur vir die rekenaar/2. hardeware as alternatief vir ysterware of programmatuur.

SARL-lede en geaffilieerde klubs mag ‘n radioamateur ter eniger tyd nomineer. Nominasies sluit op 31 Januarie en die toekenning sal tydens die volgende Algemene Jaarvergadering gedoen word. Nominasies moet ‘n gedetaileerde motivering insluit met besonderhede oor wat die genomineerde bereik het en wat die impak dit op amateurradio het.

Stuur nominasies na secretary@sarl.org.za of tree in verbinding met die Sekretaris of die Toekenningsbestuurder vir hulp.

Die SARL maak ook van hierdie geleentheid gebruik om namens alle Suid Afrikaanse radioamateurs ons dank en waardering aan SAATI oor te dra.

KOMPETISIENUUS

80 METER QSO-PARTY MAART 2013 UITSLAE

52 stasies was tydens die kompetisie aktief en 11 logstate is ontvang. Die uitslae is as volg:

1. ZS3R, Christopher van Rensburg 485.
2. ZS6LH, Lukas Holtshausen 430
3. ZS1ZS, Abe Zwiegelaar 425.
4. ZS5ME, Dawn Snyders 345.
5. ZR6DNS, Denis Wheeler 290
6. ZS6KN, Ken Gurr 250
7. ZS1VK, Russell Mycroft 205
8. ZR6MS, Marius Snyman 160
9. ZS4BS, Dennis Green 160
10. ZS6BNE, Eddie Leighton 130.
11. ZS5KL, Kurt Linsin 30.

Afdelingsuitslae is as volg:

Afd 6 20.
1 12.
5 7.
4 7.
2 5.
Ander 3.

DIE DAG VAN DIE JD’s 2013

Die Suid-Afrikaanse JD-groep sal u betrokkenheid tydens hierdie aktiwiteit waardeer.

Vir die derde keer in die węreld vind die DIE DAG VAN DIE JD’s van 06:00 UTC op 18 Mei tot 18:00 UTC op 19 Mei 2013 plaas.

Die doel van die dae is om JD-aktiwiteit węreldwyd te bevorder en natuurlik word OM’s ook uitgenooi om deel te neem.
Bande om te gebruik SI: : 3,5 - 7 - 14 - 21 - 28 MHz.
Daar word aanbeveel dat roepe gedoen word binne plus of minus 10 kHz van die volgende frekwensies:
GG: 3,533, 7,033, 14,033, 21,033 en 28,033 MHz
RTD: 3,588, 7,044, 14,088, 21,088 en 28,088 MHz
ESB: 3,733, 7,133, 14,213, 14,240, 14,300, 21,233, 21.400 en 28,433 MHz
Uitruilings: RS(T) + YL/OM (byv 59(9)+ YL/OM) dieselfde stasie mag eenkeer op elke band en modus gekontak word.

Punte akkumuleer as volg:
Vir OM/YL 2 punte
Vir YL/YL 3 punte
Vir YL/OM 1 pointunte
Stuur logstate nie later nie as 26 Mei aan f5isy@orange.fr.

KLUBNUUS

KARTS SNUFFELMARK EN AWA OPE DAG

Die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging (KARTS) en die Antique Wireless Associations (AWA) het saamgespan om 'n gekombineerde snuffelmark en AWA ope dag op Saterdag 1 Junie vanaf 08:00 aan te bied.

Dit geskied by die Impala Voortrekkersentrum in Rooiboslaan, Allen Grove, Kempton Park. Besoek www.zs6kts.co.za/ indien nodig.

Daar sal uitstallings van antieke radios en bybehore wees. Die byeenkoms beloof om interessant, genotvol met aangename herinneringe te wees.

Vir tafelbesprekings of enige navrae, kontak Selwyn, ZS6SEL, by 082 804 2782 of per e-pos aan zs6sel@gmail.com of vir Nico, ZS6QL, by 083 269 9939 of e-pos aan nicolaasv@mweb.co.za.

KARTS en AWA sien daarna uit om u daar te sie!

DURBAN ARK SE KOMITEE
Tydens die AJV van die Durban ARK, gehou op 4 Mei 2013, is die volle vorige komitee eenparig vir die 2013/2014 jaar herkies.
Die komiteelede is:
Voorsitter: Louis de Bruin, ZS5LP
Visevoorsitter: Neil Slogrove, ZR5NAS
Sekretaris: Kurt Linsin, ZS5KL
Tesourier: Louis de Bruin, ZS5LP.
Lede: Aubrey Worthington ZS5L
John Norman ZS5JX
Alan Bartlett ZS5ADP (tegnies)
Glen Meyer ZS5GM (IT)
Sean Beukes (ko-op. algemeen).

Die Durban ARK het 40 lede waarvan 4 sedert 1 Maart aangesluit het.

Die klub gaan steeds 'n ope dag en snuffelmark vanaf 10:00 tot 14:00 op die eerste Saterdag van elke maand aanbied by die “Dutch Club” wie se fasilieteite ook vir besoekers beskikbaar is.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans heelwat groterige sonvlekke maar net AR1 736 het 'n beta-gamma klas magneetveld wat genoeg energie huisves vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 69.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Goeie 10 m openinge gaan oor dagligpaaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
12 Mei – Vanmiddag, 15:00 tot 19:00 SAT die Antieke Draadloosvereniging se ESB Lamp QSO-party.
13 Mei – Logstate vir die ZS3-naelloop moet in wees na zs3nc@qsl.net
16 Mei – Laaste dag vir besprekings vir SA AMSAT se jaarlikse ruimtesimposium in Pretoria op Saterdag 18 Mei 2012 by die Innovation Hub, besoek www.amsatsa.org.za.
18 Mei - SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM in die Innovation Hub in Pretoria.
26 Mei – Logstate vir die Dag van die JD’s moet in wees na f5isy@orange.fr.
31 Mei – Laaste dag vir indiening van logstate vir die AWA se AM/ESB lamp QSO-party na andy.cairns@xsinet.co.za.
15/16 Junie – Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumsatasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie – Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 025 en 17 660 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George Honiball, ZS6NE, saamgestel en geredigeer is.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003